Pi

Indien 'n sirkel se deursnee gelykstaande aan 1 is, is sy omtrek gelykstaande aan π.
Die kleinletter pi

Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die kleinste positiewe x waarvoor cos(x) = 0. Al hierdie definisies is ekwivalent.

Pi is ook bekend as Archimedes se konstante (nie dieselfde as Archimedes se getal nie) en Ludolph se getal.

Die numeriese waarde van π, afgerond tot 64 desimale plekke is: 3,14159 26535 89793 23846 26433 83279 50288 41971 69399 37510 58209 74944 5923


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search